bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 21
Psalms 21
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.
2
Here, dit is oor die openbaring van u mag dat die koning so bly is, dit is oor die oorwinning wat U hom gegee het, dat hy so jubel en juig.
3
Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie. Sela
4
U skenk hom voorspoed en geluk, U plaas 'n goue kroon op sy kop.
5
Lewe het hy van U gevra; U het hom dit gegee — 'n lang, lang lewe.
6
Omdat U uitkoms gegee het, is hy hoog in aansien, met roem en eer het U hom oorlaai.
7
U maak hom altyd voorspoedig, U skenk hom oorvloedige blydskap deur u nabyheid.
8
Die koning vertrou op die Here en deur die trou van die Allerhoogste struikel hy nie.
9
U hand sal al u vyande vind, u regterhand sal u haters tref.
10
Wanneer U verskyn, Here, sal U hulle verteer soos in 'n oond. In u toorn sal U hulle vernietig, en die vuur sal hulle verteer.
11
U sal hulle kinders van die aarde af verdelg en die mensheid verlos van hulle nageslag.
12
As hulle kwaad teen U beraam, bose planne uitdink, sal hulle niks uitrig nie.
13
Wanneer U met die boog na hulle mik, slaan hulle op die vlug.
14
Laat u mag seëvier, Here, dan sal ons u krag besing en daaroor roem.
← Chapter 20
Chapter 22 →