bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 20
Psalms 20
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.
2
Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm.
3
Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion.
4
Mag Hy al u graanoffers onthou en u brandoffers aanneemlik vind. Sela
5
Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk.
6
Ons sal juig oor u oorwinning en in die Naam van ons God die vaandels ontplooi. Mag die Here alles gee wat u vra.
7
Dit weet ek: die Here sal aan sy gesalfde die oorwinning gee! Uit die heilige hemel verhoor die Here sy gebed; die Here gee deur sy groot mag aan hom die oorwinning.
8
Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God.
9
Húlle sal struikel en val, maar óns sal regop en vas bly staan.
10
Here, gee tog aan die koning die oorwinning. Mag die Here ons gebed verhoor wanneer ons na Hom roep.
← Chapter 19
Chapter 21 →