bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 124
Psalms 124
Afrikaans 1983
1
'n Pelgrimslied. Van Dawid. As die Here ons nie gehelp het nie, dit moet Israel bely,
2
as die Here ons nie gehelp het toe mense ons aangeval het nie,
3
dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle woede teen ons ontvlam het;
4
dan het die waters ons weggespoel en die vloed ons oorweldig;
5
dan het die skuimende waters ons oorweldig.
6
Aan die Here kom die lof toe: Hy het nie toegelaat dat ons hulle prooi word nie.
7
Ons is bevry soos 'n voël uit die wip van 'n voëlvanger; die wip het gebreek en ons was vry!
8
Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
← Chapter 123
Chapter 125 →