bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 122
Psalms 122
Afrikaans 1983
1
'n Pelgrimslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.”
2
En nou is ons hier binne-in jou, Jerusalem!
3
Jerusalem is die stad wat stewig gebou is,
4
waarheen die stamme kom, die stamme van die Here. Dit is 'n voorskrif vir Israel om die Naam van die Here hier te loof.
5
Hier word reg gespreek, hier lewer die koning sy uitsprake, die koning uit die geslag van Dawid.
6
Bid dat Jerusalem vrede mag hê, dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon.
7
Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou wonings.
8
Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe.
9
Ter wille van die huis van die Here ons God bid ek dat dit met jou goed sal gaan.
← Chapter 121
Chapter 123 →