bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 12
Psalms 12
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: met basstem. 'n Psalm van Dawid.
2
Help tog, Here, want daar is geen vrome meer nie, daar is geen betroubare mens meer oor nie.
3
Die mense bedrieg mekaar; hulle mislei mekaar met vleitaal.
4
Die Here sal al die vleitaal uitroei en die grootpratery van die mense
5
wat sê: “In ons tong lê ons krag. Ons lippe help ons. Ons buig vir niemand nie.”
6
Maar die Here sê: “Die swakkes word mishandel en die armes kla. Daarom gryp Ek nou in en gee uitkoms aan dié wat daarna smag.”
7
Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in 'n oond gesuiwer is.
8
U, Here, hou oor ons wag. U sal ons vir altyd teen sulke mense beskerm,
9
selfs al pronk goddeloses nog rond en al heers die gemeenheid nog tussen die mense.
← Chapter 11
Chapter 13 →