bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 11
Psalms 11
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. Van Dawid. Ek skuil by die Here. Hoe durf julle vir my sê: “Vlug na die berge toe soos 'n voël!
2
Kyk, die goddeloses span hulle boë, en hulle lê aan met die pyl op die snaar; hulle staan reg om uit die donker die opregtes van hart te tref.
3
As die fondamente ondermyn word, wat kan die regverdige daaraan doen?”
4
Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel! Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders.
5
Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose. Wie geweld liefhet, haat Hy.
6
Hy laat vuur en swael reën op die goddeloses, 'n skroeiende wind: dit is die beker wat hulle sal drink.
7
Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees.
← Chapter 10
Chapter 12 →