Zephaniah 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wag daarom op My, spreek die HERE, tot die dag dat Ek opstaan vir die buit; want My voorneme is om die nasies te versamel, dat Ek die koninkryke kan versamel, om my grimmigheid oor hulle uit te stort, ja, al my gloeiende toorn. Want die hele aarde sal verteer word deur die vuur van my ywer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nou sê die Here: “Wees geduldig, want die tyd breek aan vir My om met regspraak te begin. Ek sal die nasies versamel en koninkryke bymekaarmaak. My toorn en brandende woede sal Ek oor hulle uitstort. Die hele aarde sal verteer word deur die vuur van my woede. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word! |
| Afrikaans 1983 | Daarom, wag vir My in vrees, sê die Here, wag vir die dag wanneer Ek opstaan en my buit kom vat. Ek het besluit om nasies bymekaar te maak, koninkryke saam te roep en op hulle my gramskap uit te stort, die volle gloed van my toorn: die hele aarde sal verteer word in die vuur van my woede. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom moet julle My verwag,” is die uitspraak van die Here, “daardie dag as Ek opstaan vir die buit. Want my beslissing is: om nasies te versamel en koninkryke bymekaar te maak, om my verontwaardiging, al my brandende toorn, oor hulle uit te giet; want deur die vuur van my drif sal die hele aarde verteer word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle wag vir die dag wanneer Ek kom om julle te straf. Ek het besluit om die volke bymekaar te maak. Ek wil hê hulle moet voel hoe kwaad Ek is. Ek sal al die mense op die aarde laat brand in die vuur, want Ek is baie kwaad.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het toe vir Jerusalem gesê dat hulle reg moet wees vir wat voorlê. Die tyd van afrekening is om die draai. Hy sê Hy het besluit dat Hy volke en koninkryke iets van sy vreeslike woede gaan laat beleef. Hy kan hierdie volke nie verdra nie. Daarom sal Hy die hele wêreld iets laat ervaar van sy woede wat soos die hitte van ’n vuur alles verskroei. |