Zephaniah 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het gesê: Waarlik, jy sal my vrees, jy sal tug ontvang; sodat hulle woning nie uitgeroei word nie, hoe Ek hulle ook al gestraf het; maar hulle het vroeg opgestaan en al hulle handelinge verderf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gedink: ‘Nou sal hulle My eer en respekteer! Hulle sal my voorskrifte nou seker met erns beskou. Dan sou dit nie nodig wees om die stad weer te tref nie.’ Maar die teendeel is waar. Hoe swaar Ek hulle ook al straf, met ywer gaan hulle voort om sondige dinge te doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem! Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie, nie plaasvind alles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gedink Jerusalem sal nou vir My ontsag hê en hom laat teregwys, sodat sy woonplek nie vernietig word en al my straf hom tref nie. Maar hy het gretig bly sondig met alles wat hy doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het gedink, jy sal beslis vir My ontsag hê, jy sal die teregwysing aanvaar. Dan sou haar woonplek nie verwoes word nie – alles wat Ek oor haar bepaal het. Maar nogtans was hulle ywerig om net slegte dade te bly doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het vir die mense van Jerusalem gesê: ‘Julle moet My eer, julle moet luister wanneer Ek met julle praat.’ As hulle geluister het, dan sou Ek die stad nie verwoes nie en hulle nie straf nie. Maar hulle het aangehou om verkeerd te doen. Alles wat hulle gedoen het, was verkeerd. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het gedink dat die mense van Jerusalem Hom nou sou respekteer na hulle alles gesien en gehoor het wat Hy kan doen, en dat hulle Hom voortaan sou gehoorsaam. Dan sou dit nie vir Hom nodig gewees het om die stad weer te straf nie. Maar nee, hulle het met meer energie as ooit tevore aangehou om verkeerde dinge te doen. Dit het die Here nie gelukkig gemaak nie. |