Zephaniah 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het die nasies uitgeroei; hulle torings is woes; Ek het hulle strate woes gemaak, sodat niemand verbygaan nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het baie nasies uitgeroei, hulle verdedigingsmure vernietig. Ek het hulle strate so beskadig dat hulle onbegaanbaar is. Ek het hulle stede só verwoes dat geen inwoners oor is nie. Hulle is heeltemal verlate. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het nasies uitgeroei, hulle vestings is vernietig. Ek het hulle paaie verlate gemaak, sonder iemand wat daar loop. Hulle stede is verwoes, daar is niemand nie, nie een inwoner nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek het nasies uitgewis, hulle hoektorings staan verlate. Ek het hulle strate in puin gelê – niemand loop daar nie. Hulle stede lê verwoes – sonder mense, sonder inwoners. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Ek het die mense van baie volke laat sterf. Ek het die sterk mure om hulle stede afgebreek. Daar is niemand wat in hulle strate loop nie, niemand loop daar verby nie. Ek het die huise in hulle stede afgebreek, daar woon niemand nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê dat Hy al die verskillende volke heeltemal uitgewis het. Hy het hulle stede wat hulle sterker gemaak het en waarin hulle wegkruip as gevaar dreig, vernietig. Hierdie stede is nou verlate, daar is nie meer enige mense in die strate te sien nie. Niemand het in hierdie stede oorgebly nie, daar is nie ’n enkele inwoner oor nie. |