Zephaniah 3:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die regverdige HERE is in die middel daarvan; hy sal geen onreg doen nie; elke môre bring hy sy reg aan die lig, hy faal nie; maar die onregverdige ken geen skande nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Here bly nog in die stad. Hy doen geen onreg nie. Dag vir dag is sy uitsprake regverdig, elke nuwe dag sonder uitsondering. Maar niemand sien dit raak nie, en goddeloses ken geen skaamte nie.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.
Afrikaans 1983 In dié stad is die Here die regverdige, net Hy doen nie onreg nie. Hy gee môre vir môre sy beslissing; sy beslissing bly nie een dag uit nie en tog ken dié wat onreg doen, geen skaamte nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here is regverdig in die stad, Hy doen geen onreg nie. Oggend na oggend gee Hy sy beslissings as die lig, dit ontbreek nooit nie; maar die boosdoener ken geen skaamte nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In hierdie stad is dit die Here wat die Regverdige is, Hy doen niks verkeerd nie. Elke oggend wanneer dit lig word, sê Hy wie is reg en wie is verkeerd. Maar die mense wat verkeerd doen, word nie skaam daaroor nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar ten spyte van al hierdie verkeerde dinge, bly die Here nog in die stad. Hy doen nooit enige verkeerde dinge nie. Elke dag, sonder uitsondering, sorg die Here dat mense weet wat reg is, selfs al steur mense hulle nie daaraan nie. Feit van die saak is, hierdie slegte mense kry mos op geen manier skaam vir al die verkeerde dinge wat hulle doen nie.