Zephaniah 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Haar profete is ligte en ontroue mense: haar priesters het die heiligdom ontheilig, hulle het die wet geweld aangedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die profete is verwaande leuenaars wat net hulle eie voordeel soek. Die priesters verontreinig die tempel en oortree God se voorskrifte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet. |
| Afrikaans 1983 | sy profete is roekelose, trouelose mense; sy priesters ontwy wat gewyd is en doen die wet van die Here geweld aan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Haar profete is vermetel, verraderlike mense, haar priesters ontheilig wat heilig is, en doen die wet geweld aan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die profete dink net aan hulleself, jy kan hulle nie glo nie. Die priesters ontwy die gewyde dinge. Hulle is nie gehoorsaam aan die wette van die Here nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die profete tree onverantwoordelik op, ’n mens kan nie glo wat hulle sê nie. Die priesters het nie respek vir die tempel waarheen mense kom om die Here te aanbid nie. Hulle verdraai ook die opdragte van die Here na hulle smaak. |