Zephaniah 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy het nie na die stem geluister nie; sy het nie regstelling ontvang nie; sy het nie op die HERE vertrou nie; sy het nie naby haar God gekom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is ongehoorsaam en wil nie reggehelp word nie. Hulle vertrou nie op die Here nie, en aanbid nie hulle God nie.
Afrikaans 1933/1953 Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die HERE vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.
Afrikaans 1983 Hy is ongehoorsaam en wil hom nie laat teregwys nie, hy vertrou nie op die Here nie en dien nie sy God nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het na geen stem geluister nie, geen teregwysing aanvaar nie. Op die Here het sy nie vertrou nie, tot haar God het sy nie genader nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle luister nie wanneer die Here met hulle praat nie, hulle is ongehoorsaam. Hulle dink die Here kan hulle nie help nie en hulle dien Hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle luister nie na die Here nie en wil nie reggehelp word as hulle verkeerd doen nie. Hulle vertrou nie die Here nie en dien Hom ook nie.