Zephaniah 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal die wat bedroef is oor die feestyd bymekaarmaak, wat uit jou is, vir wie die smaad daarvan 'n las was.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dié wat treur, maak Ek bymekaar, ver van die plek van ontmoeting. Dit is hulle wat uit jou voortkom en swaar dra aan die skande.
Afrikaans 1933/1953 Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle.
Afrikaans 1983 Ek maak dié bymekaar wat treur, ver van die feestelikheid af, dié wat uit jou uit kom en ter wille van jou die smaad gedra het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die getreur by die fees sal Ek van jou af wegneem, dit is 'n las op jou, 'n skande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ek sal julle mense wat in ander lande is, bymekaarmaak. Hulle kan nie in die ander lande die feeste van die Here vier nie. Hulle kry swaar omdat julle verkeerd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê dat Hy al die rampe sal wegvat wat vir hulle swaarkry en hartseer gebring het.