Zephaniah 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Wees nie bevrees nie, en aan Sion: Laat jou hande nie slap lê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag sal vir Jerusalem gesê word: “Moenie bang wees nie, Sion! Moenie moedeloos word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie! |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word: Moenie bang wees nie, Sion, moenie jou hande moedeloos laat hang nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal vir Jerusalem gesê word: “Moenie vrees nie, Sion; Moenie dat jou moed jou begewe nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag sal hulle vir die mense in Jerusalem sê: “Julle moenie bang wees nie, mense van Jerusalem, julle moenie moedeloos wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tyd het gekom dat Jerusalem se mense nie langer bang of moedeloos hoef te wees nie, |