Zephaniah 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het jou oordele weggeneem, jou vyand verdryf; die koning van Israel, die HERE, is in jou midde; jy sal geen onheil meer sien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal julle nie meer straf nie. Hy sal julle vyande verdryf. Die Here is Koning van Israel. Hy is by julle. Julle hoef nie meer enige rampe te vrees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het 'n einde gemaak aan jou straf, Hy het jou vyande laat padgee. Die Koning van Israel, die Here, is by jou; jy hoef geen ramp meer te vrees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het die oordele oor jou afgewend, jou vyande uit die weg geruim. Die Koning van Israel, die Here, is in jou midde; jy sal geen onheil meer vrees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want die Here het besluit om julle nie te straf nie. Hy het julle vyande gestop en laat teruggaan. Die Koning van Israel, die Here, is by julle. Julle moenie meer bang wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal hulle nie langer straf nie. Hy jaag ook al hulle vyande weg. Die Here is die koning van Israel en Hy bly by hulle. Hulle hoef daarom vir niks meer bang te wees nie. |