Zephaniah 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuens spreek nie; en geen bedrieglike tong sal in hulle mond gevind word nie, want hulle sal wei en gaan lê, en niemand sal hulle verskrik nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Israel wat oorbly, sal nie verkeerde dinge doen nie. Hulle sal nie leuens vertel nie en mekaar ook nie bedrieg nie. Hulle sal soos skape rustig wei en gaan lê om te slaap sonder om vir iemand bang te wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie. |
| Afrikaans 1983 | Dié wat van Israel oorgebly het, sal nie onreg doen nie en nie lieg nie; daar sal uit hulle mond nie valsheid kom nie. Hulle sal 'n kudde wees wat wei en gaan lê en rus sonder dat iemand hulle skrikmaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oorblyfsel van Israel sal nie onreg doen en leuens vertel nie; 'n bedrieglike tong sal nie in hulle mond te vinde wees nie. Ja, hulle is diegene wat sal wei en gaan lê, sonder dat iemand hulle opjaag.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete wat nog lewe, sal nie verkeerd doen nie en hulle sal nie lieg nie. Dit sal goed gaan met hulle, soos met skape en bokke wat genoeg eet en dan gaan lê en rus, en niemand maak hulle skrik nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal mense wees wat nie ander kul en kwaad aandoen nie. Hulle sal ook mense wees wat nie leuens vertel en ander bedrieg nie. Hulle sal veilig en rustig lewe en sal vir niemand bang wees nie. |