Zephaniah 3:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag sal jy nie beskaamd staan oor al jou handelinge waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek die wat bly is in jou trots uit jou wegneem, en jy sal nie meer hoogmoedig wees vanweë my heilige berg.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan hoef julle nie langer skaam te wees vir wat julle gedoen het toe julle teen My in opstand gekom het nie. Ek sal ontslae raak van hoogmoediges en arrogante mense onder julle. Julle sal nie meer vol verwaandheid op my tempelberg aanbid nie.
Afrikaans 1933/1953 Op die dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.
Afrikaans 1983 Daardie dag sal jy nie meer rede hê om jou te skaam dat jy opstandig teen My was met alles wat jy gedoen het nie, want Ek gaan uit jou uithaal dié wat hulle so verheug het in jou hovaardigheid; jy sal nie meer vol hoogmoed wees daar op my heilige berg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal jy jou nie skaam oor al jou dade waarmee jy teen My in opstand gekom het nie, want dan sal Ek jou hoogmoedige grootpraters uit jou midde verwyder. Jy sal nie langer selfvoldaan wees op my heilige berg nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die mense tussen julle wegvat wat dink hulle is baie belangrik. Daar sal nie meer hoogmoedige mense op my gewyde berg wees nie. Dan sal julle nie meer skaam wees oor alles wat julle teen My gedoen het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê verder dat sy volk in die tyd wat kom, nie langer skaam sal hoef te kry oor alles wat hulle gedoen het toe hulle opstandig teen Hom was nie. Hy gaan ontslae raak van almal wat hoogmoedig en arrogant is. Daar sal nie langer plek wees vir mense wat te veel van hulleself dink as hulle Hom in die tempel kom aanbid nie.