Zephaniah 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van oorkant die riviere van Kus sal my bidders, die dogter van my verstrooides, my offer bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs my volk wat verstrooi is tot oorkant die riviere van Etiopië sal kom om vir My offers te bring.
Afrikaans 1933/1953 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.
Afrikaans 1983 Van anderkant die riviere van Kus af sal dié wat My vereer, my verstrooide volk, vir My geskenke bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van anderkant die riviere van Kus sal hulle wat My aanbid, wat Ek verstrooi het, offers aan My bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat anderkant die riviere van Kus woon, sal vir My presente bring. Hulle is mense van my volk wat My eer, maar Ek het hulle uit hulle land laat gaan, en hulle het in die land Kus gaan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met die verloop van tyd het mense verspreid geraak en anderkant die riviere van Etiopië geland. In die tye wat kom, sal hierdie mense wat die Here nog dien, offers aan Hom bring.