Zephaniah 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die vrolike stad wat onverskillig gewoon het, wat in haar hart gesê het: Ek is, en daar is niemand buiten My nie; hoe het sy 'n woesteny geword, 'n plek vir diere om in te lê! elkeen wat by haar verbygaan, sal fluit en sy hand swaai.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die lot van hierdie stad wat so sorgvry woon. “Nêrens in die wêreld,” het die stad geroem en gesê, “is daar ’n stad soos hierdie een nie!” Maar kyk, dit het ’n puinhoop geword, ’n lêplek vir wilde diere! Verbygangers sal fluit van verbasing, hulle hande in ongeloof saamslaan.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die uitgelate stad wat so veilig gewoon het, wat in sy hart gesê het: Dit is ek, en niemand anders nie! Hoe het dit 'n verwoesting geword, 'n lêplek vir wilde diere! Almal wat daar verbytrek, spot, skud met die hand.
Afrikaans 1983 Dit is wat sal word van die uitgelate stad wat so onbesorg daar lê, wat dink: daar is nie nog 'n stad soos ek nie. Hy gaan verwoes word, 'n lêplek vir diere. Elkeen wat daar verbykom, sal fluit van verbasing en sy hande saamslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dít is wat sal word van die uitbundige stad wat so kommervry leef, wat in haar hart sê: Ek is die een, niemand anders nie. Hoe verlate is sy, 'n lêplek vir diere. Elkeen wat daar verbyloop, sal fluit en sy hande saamslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nineve was 'n stad vol vrolike mense wat oor niks bekommerd was nie. Hulle het gedink hulle stad is die beste en die sterkste. Maar die vyande sal die stad verwoes. Dit sal 'n plek wees waar net diere lê. Almal wat daar verbygaan, sal die stad Nineve spot. Hulle sal na die hope klippe wys en lag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is wat met hierdie stad en sy arrogante mense gaan gebeur. Hulle het gedink hulle is altyd so veilig binne-in die stad. Hulle het altyd gespog dat daar nie nog so ’n stad soos hulle s’n is nie. Maar die stad sal ’n plek word waar mense nie sal kan bly nie. Wilde diere sal dit hulle lêplek maak. As mense daar verbystap, sal hulle stom van verbasing wees. Hulle sal nie glo wat hulle met hulle eie oë sien nie.