Zephaniah 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar sal kleinvee in sy midde gaan lê, al die diere van die nasies; die kormoran sowel as die bitterbos sal vernag in die boonste lateie daarvan; hulle stem sal sing in die vensters; verwoesting sal wees op die drumpels, want hy sal die sederwerk ontbloot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Skape sal daar lê, en diere van allerlei soorte. Uile van verskeie spesies sal slaap op die murasies. Deur die oop vensters sal hulle geroep weergalm. Bourommel sal die ingange versper en die sederhout sal ontbloot word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En binne-in die stad sal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle het die sederwerk afgeruk. |
| Afrikaans 1983 | Kuddes vee sal daar lê en herkou, allerlei troppe diere. Pelikane en uile sal op die stad se mooi pilare slaap, die wind sal deur die vensters huil. Die verwoesting sal selfs die drumpels tref, want die sederhout sal afgestroop word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Troppe vee, allerhande diere sal daar gaan lê, bontkraaie en uile sal op die pilare oornag en hulle geluide sal deur die vensters weerklink. Puin sal op die drumpel lê, ja, die sederhout sal rondlê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie soorte diere sal daar lê en rus. Pelikane en uile sal op die stad se pilare slaap. Die wind sal deur die vensters waai. By die deure sal bakstene lê wat van bo afgeval het, want die vyande sal al die sederhout van die huise afhaal en wegvat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die stad sal ’n weiplek vir beeste en skape word en allerhande soorte wilde diere sal dit ’n lêplek maak. Uile sal in stukke van mure wat nog so half bly staan het, sit en hulle kenmerkende geluide maak. Bourommel sal in die deuringange lê en die deurrame van sederhout wat uit die kosyne uitgeruk is, sal daar rondlê. |