Zephaniah 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal sy hand teen die noorde uitstrek en Assirië vernietig; en sal Nineve 'n wildernis maak en droog soos 'n woestyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal die lande in die noorde tref: Assirië sal Hy vernietig en Nineve ’n verlate plek maak, dor soos die woestyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal Hy sy hand uitstrek teen die noorde, en Hy sal Assur vernietig en Ninev, tot 'n verwoesting maak, dor soos die woestyn. |
| Afrikaans 1983 | Daarna steek Hy sy hand uit teen die noorde en maak Hy 'n einde aan Assirië: Hy maak Nineve 'n stad sonder inwoners, 'n droë weiveld. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal sy hand teen die noorde uitstrek en Assirië vernietig; Hy sal Nineve 'n verlate plek maak, dor soos 'n woestyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal Hy sy hand uitsteek na die noorde en Hy sal die Assiriërs laat sterf. Waar die stad Nineve nou is, sal daar 'n droë woestyn wees waar diere wei. Daar sal nie mense woon nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense in die noordelike landstreke waar die land Assirië is, sal deeglik besef hoe magtig die Here is. Hy sal hulle hoofstad Nineve soos ’n woestyn maak waar daar nie water is nie en mense nie kan oorleef nie. |