Zephaniah 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE sal vir hulle verskriklik wees, want Hy sal al die gode van die aarde laat honger ly; en mense sal Hom aanbid, elkeen van sy plek af, al die eilande van die nasies.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir hulle sal die Here ’n verskrikking wees, want al die gode in die land vernietig Hy. Mense uit alle dele van die wêreld, elkeen in hulle eie land, sal voor Hom neerbuig en Hom aanbid.
Afrikaans 1933/1953 Vreeslik sal die HERE teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies.
Afrikaans 1983 Ontsagwekkend is die Here bo almal. Hy laat al die gode op die aarde wegteer sonder offers, en al die kuslande van die nasies buig voor Hom, elkeen op sy eie plek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vreesaanjaend sal die Here vir hulle wees; Hy het immers al die gode van die aarde laat wegkwyn. So sal dan elke bewoner van al die eilande, elkeen vanuit sy woonplek, diep voor Hom neerbuig –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Moabiete en die Ammoniete sal baie bang word vir die Here, want Hy sal al die gode van die aarde laat sterf. Hulle sal nie kos hê om te eet nie. Al die volke naby die see en op die eilande sal voor die Here buig, elkeen in sy eie land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie mense sal benoud raak as hulle net aan die Here dink, want Hy laat al die gode van die wêreld in die niet verdwyn. Al wat ’n nasie is, in watter land hulle ook al is, sal Hom aanbid.