Zephaniah 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit sal hulle as hul trots hê, omdat hulle hulleself gesmaad en groot gemaak het teen die volk van die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat hulle kry in ruil vir hulle verwaandheid, want hulle het my volk verkleineer en beledig, sê die Here, die Almagtige. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit oorkom hulle vir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans 1983 | Dit gebeur met Moab en die Ammoniete omdat hulle so hooghartig was, omdat hulle die volk van die Here die Almagtige verkleineer het en aanmatigend was teen die volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is wat hulle verwaandheid oor hulle gebring het, hulle het immers die volk van die Here, Heerser oor alle magte, gespot en op hulle neergesien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal gebeur omdat die Moabiete en die Ammoniete hoogmoedig was. Hulle het gedink hulle is baie belangrik en hulle het gedink die Here se volk beteken niks, die volk van die Here wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al hierdie negatiewe dinge sal met Moab en die Ammoniete gebeur omdat hulle so arrogant is en so baie van hulleself dink. Hulle probeer Juda, wat die Here se volk is, belaglik maak. Hulle beledig sy mense. |