Zechariah 9:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek sal laer opslaan rondom my huis ter wille van die leër, ter wille van hom wat verbygaan en vanweë hom wat terugkom; en geen verdrukker sal meer deur hulle deurtrek nie, want nou het ek dit met my oë gesien.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal my tempel bewaak en beskerm teen invallende leërs. Ek sal hulle bewegings dophou sodat geen buitelandse onderdrukker ooit weer my volk se land sal binneval nie.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal om my huis 'n laer trek teen die leërmag, teen die wat heen en weer trek, sodat geen oorheerser hulle weer sal oorrompel nie; want nou het Ek dit met my eie oë gesien.
Afrikaans 1983 Ek sal my huis beskerm teen enige leër wat daar verbykom, sê die Here, geen onderdrukkers sal hulle meer oorval nie. Ek sorg nou self vir hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal by my huis kamp opslaan teen die leërs; teen hulle wat verbygaan en terugkom. Geen onderdrukker sal hulle weer oorval nie, want nou waak Ek met my eie oë.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê Hy sal sy tempel beskerm. Daar sal nie meer ander volke in die stad Jerusalem kom nie, niemand sal die mense van Jerusalem verdruk nie, want die Here self sorg vir hulle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Ek sal my land en alles wat aan My behoort, baie goed oppas. Ek sal dit beskerm teen mense wat die land wil inval. Ek sal nie toelaat dat enige vreemde mag weer my volk aanval nie. Ek sal self my oog oor hulle hou en hulle goed oppas.”