Zechariah 9:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal sy bloed uit sy mond wegneem en sy gruwels tussen sy tande uit; maar hy wat oorbly, ook hy, sal vir onse God wees, en hy sal wees soos 'n goewerneur in Juda, en Ekron soos 'n Jebusiet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal nie langer vleis eet met bloed daarin nie, hulle sal ook nie ander verbode kos eet nie. Al die Filistyne wat oorleef, sal ons God aanbid en aanvaar word as ’n nuwe stam in Juda. Ekron sal word soos die Jebusiete. |
| Afrikaans 1933/1953 | en Ek sal die bloed uit sy mond verwyder en sy verfoeisels tussen sy tande uit; so sal hy dan ook vir onse God oorbly en wees soos 'n stamhoof in Juda, en Ekron soos 'n Jebusiet. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die bloederige vleis wat hulle eet, uit hulle mond ruk, Ek sal die afskuwelike afgodsoffers tussen hulle tande uitruk. Wat van die Filistyne oorbly, sal aan ons God behoort. Hulle sal een van die groepe in die stam Juda word; dit sal met Ekron gaan soos met die Jebusiete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek verwyder die bloederige vleis uit sy mond, die afskuwelike afgodsoffers tussen sy tande. Maar hy wat oorbly, sal ook aan ons God behoort. Hy sal soos familie in Juda wees, en Ekron soos die Jebusiete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal nie meer ete-offers vol bloed vir hulle afgode bring nie. Die Filistyne wat nog lewe, sal ook aan ons God behoort. Hulle sal soos familie wees vir die mense van Juda. Dit sal met die mense van Ekron gaan soos met die Jebusiete, wat ook saam met die mense van Juda gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle eet vleis met bloed in. Ek sal dit uit hulle mond uitruk. Ek sal ook keer dat hulle ander kos eet wat Ek verbied het.” Die Filistyne wat oorbly, sal deel van die Here se volk word. Hulle sal soos ’n nuwe stam in Juda wees. Die mense van Ekron sal net soos die Jebusiete destyds in die volk van die Here opgeneem word. |