Zechariah 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Askelon sal dit sien en vrees; Ook Gasa sal dit sien en baie bedroef wees, en Ekron; want haar verwagting sal beskaamd word; en die koning sal uit Gasa omkom, en Askelon sal nie bewoon word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Askelon sal dit sien en skrik. Gasa sal bewe van angs en so ook Ekron, want hulle hoop sal daarmee heen wees. Gasa sal sonder koning wees en Askelon sal verlate wees.
Afrikaans 1933/1953 Askelon sal dit sien en vrees; ook Gasa, wat sal sidder van angs; ook Ekron, omdat sy toeverlaat teleurgestel het; en uit Gasa verdwyn die koning, en Askelon bly onbewoond;
Afrikaans 1983 Askelon sal dit sien en skrik, Gasa sal dit sien en baie bang word, Ekron ook, want alles waarop hy vertrou het, sal daarmee heen wees. Gasa sal sonder koning wees, Askelon sonder inwoners,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Askelon sal dit sien en bang word; Gasa sal inmekaar krimp van pyn, ook Ekron, omdat hy in sy verwagting beskaam is. 'n Koning sal uit Gasa verdwyn, en Askelon sal nie bewoon wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van die stede Askelon en Gasa sal sien wat gebeur met Tirus. Hulle sal bang word en groot skrik. Die mense van die stad Ekron sal ook skrik, want hulle sal sien dat niks en niemand hulle kan help nie. Die stad Gasa sal nie meer 'n koning hê nie, en daar sal nie meer mense in Askelon woon nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat gebeur, raak al die Filistynse stede. Askelon se mense sal bang word as hulle sien wat met Tirus gebeur. Die mense in Gasa en Ekron sal aan die bewe gaan omdat hulle bang is. Al die goed wat hulle gedink het belangrik is in die lewe, verdwyn net skielik. Gasa sal sy koning verloor en Askelon sal ’n verlate stad sonder enige mense wees.