Zechariah 9:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Tirus het vir haar 'n vesting gebou en silwer opgehoop soos die stof en fyn goud soos die modder van die strate.
Afrikaans (NLV) 2011 Tirus het ’n sterk vesting gebou, soveel goud en silwer bymekaargemaak dat dit so algemeen sal wees soos stof in strate!
Afrikaans 1933/1953 Ja, Tirus het vir hom 'n vesting gebou; ook het hy silwer opgehoop soos stof en goud soos modder van die strate.
Afrikaans 1983 Tirus het vir homself 'n vesting gebou en so baie silwer en goud vergader as wat daar stof is en modder in die strate.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tirus het vir homself 'n vesting gebou, en silwer opgehoop soos grond, en goud soos modder op straat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Tirus het sterk mure om hulle stad gebou en hulle het baie ryk geword. Hulle het baie silwer en goud bymekaargemaak, so baie soos die stof en die modder in die strate.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Tirus het vir hulle ’n baie veilige wegkruipplek gebou. Verder het hulle ook baie silwer en goud bymekaargemaak. Dit is so baie dat dit amper net soveel soos die stof en die modder in die strate is.