Zechariah 9:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE hulle God sal hulle in dié dag verlos soos die skape van sy volk, want hulle sal wees soos die klippe van 'n kroon, opgelig as 'n banier oor sy land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer daardie dag kom, sal die Here hulle God sy volk red, net soos ’n skaapwagter sy skape red. Hulle sal in die land glinster soos juwele in ’n kroon. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE hulle God sal hulle in die dag verlos as die kudde wat sy volk is; want hulle is kroongesteentes wat hulle skitterend verhef oor sy land. |
| Afrikaans 1983 | Die Here hulle God sal daardie dag sy volk, sy kudde, red. Hulle sal in sy land vonkel soos die edelstene in 'n kroon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal die Here, hulle God, hulle verlos as sy volk, sy kudde, want hulle is die juwele van 'n kroon wat glinster oor sy grondgebied. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here is die God van sy volk, en hulle behoort aan Hom. Hy sal daardie dag kom om sy volk te red, en hulle sal in sy land woon. Hulle sal lyk soos mooi blink edelstene in 'n koning se kroon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dag wanneer hierdie geveg uitbreek, sal die Here hulle God hulle red. Hy sal hulle beskerm en versorg soos ’n herder met sy skape maak. Hulle sal ook soos ’n juweel in ’n koning se kroon wees. Hulle sal blink en skitter in sy land. |