Zechariah 9:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE van die leërskare sal hulle beskerm; en hulle sal verslind en met slingerstene onderwerp; en hulle sal drink en 'n geluid maak soos van wyn; en hulle sal vol word soos bakke en soos die hoeke van die altaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, sal sy volk beskerm en hulle sal hulle vyande met slingervelle oorwin. Hulle sal oorlogskrete skree asof hulle dronk is van wyn terwyl die bloed van hulle vyande vloei. Hulle sal vol wees van bloed soos ’n bak by offers, soos die hoeke van die altaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE van die leërskare sal hulle beskut; en hulle sal verslind, ja, slingerstene vertrap; ook sal hulle drink, 'n gedruis maak soos deur wyn en vol wees soos die offerkomme, soos die hoeke van 'n altaar. |
| Afrikaans 1983 | Die Here die Almagtige sal sy volk beskerm. Die klippe uit sy slingervel sal dood en verwoesting saai, hulle sal vol bloed word, hulle sal gons soos wyn bruis, hulle sal so vol bloed word soos die kom wat by offers gebruik word, soos die hoeke van die altaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here, Heerser oor alle magte, sal hulle beskerm – hulle sal die vyand verslind en met klippe uit 'n slingervel onderwerp. Hulle sal drink en luidrugtig wees soos by 'n wyndrinkery. Hulle sal bloed drink soos wyn, Hulle sal vol word soos 'n offerbak, en vol bloed wees soos die hoeke van 'n altaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sal sy volk beskerm. Hy sal sy slingervel gebruik en hy sal sy vyande oorwin. Die klippe uit sy slingervel sal vol bloed word, so vol bloed soos die bakke by die altaar en soos die hoeke van die altaar. Die vyande sal die klippe hoor aankom en dit sal wees soos wanneer wyn borrel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is sterker as alles en almal. Hy sal sorg dat niemand sy volk kwaad aandoen nie. Hulle sal die vyande met eenvoudige wapens wen. Hulle sal soos dronk mense skree terwyl hulle baklei en hulle vyande doodmaak. Hulle klere sal vol bloed wees van die bloedige geveg met die vyand. |