Zechariah 9:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE sal oor hulle gesien word, en sy pyl sal uitgaan soos 'n weerlig; en die HERE HERE sal op die basuin blaas en gaan met stormwinde van die suide.
Afrikaans (NLV) 2011 Bokant sy volk sal die Here verskyn, sy pyle sal vlieg soos weerlig. Die oppermagtige Here sal die trompet blaas. Hy sal teen sy vyande uittrek soos ’n stormwind uit die woestyn.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal die HERE oor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; en die Here HERE sal met die basuin blaas en intrek met die storms uit die suide.
Afrikaans 1983 Die Here sal bokant sy volk verskyn, sy pyl sal soos weerlig uitskiet. Die Here God sal die ramshoring blaas, Hy sal kom in die storms uit die suide.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal die Here bo hulle verskyn – soos weerlig sal sy pyl trek. Die Here, die Heer, sal op die •ramshoring blaas – in die stormwinde van die suide sal Hy opruk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal bokant sy volk verskyn en Hy sal sy pyle skiet soos weerlig. Die Here sal die ramshoring blaas en Hy sal kom in 'n stormwind uit die suide.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal bokant sy mense gesien word. Sy pyl sal soos ’n weerligstraal uitskiet. Hy sal op die trompet blaas om te wys dat die geveg begin het. Soos ’n stormwind uit die suide val Hy dan die vyand aan.