Zechariah 9:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As Ek Juda vir my gespan het, die boog gevul het met Efraim en jou seuns, o Sion, opgewek teen jou seuns, o Griekeland, en jou gemaak soos die swaard van 'n magtige man.
Afrikaans (NLV) 2011 Juda is my boog en Israel is my pyl! Sion is my swaard en Ek is soos ’n soldaat, Ek sal dit teen Griekeland gebruik.
Afrikaans 1933/1953 Want Ek span Juda vir My as boog, lê Efraim as pyl daarop; en Ek vuur jou seuns, o Sion, aan teen jou seuns, o Jawan, en Ek maak jou soos die swaard van 'n held.
Afrikaans 1983 Ek gebruik Juda as my boog, Efraim as my pyl, jou inwoners, Sion, as my swaard teen jou inwoners, Griekeland. Ek hanteer my volk soos 'n vegter sy swaard hanteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Juda span ek vir my soos 'n boog en Efraim is die pyl waarmee ek aanlê. Ek stel jou seuns, Sion, op teen jou seuns, Griekeland. Ek maak jou, Sion, soos die swaard van 'n krygsheld.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, my volk moet terugkom, want hulle moet my wapens wees teen die Grieke. Die mense van Juda en Jerusalem sal my pyl en boog en my swaard wees, Ek sal hulle gebruik om oorlog te maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos ’n soldaat ’n pyl en boog en ’n swaard as wapens in ’n geveg gebruik, so sal Ek met Juda, Israel en Jerusalem maak. Ek sal hulle as my wapens teen die Grieke gebruik.”