Zechariah 9:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die las van die woord van die HERE in die land Hadrag en Damaskus sal die res daarvan wees; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die boodskap van die Here teen die land Gadrak en die stad Damaskus, want die oë van alle mense, ook die volk van Israel, is op die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Godspraak. Die woord van die HERE teen die land Hadrag, en op Damaskus bly dit rus -- want die HERE hou die oog op die mense en op al die stamme van Israel. |
| Afrikaans 1983 | 'n Uitspraak van die Here. Die woord van die Here is ook in Gadrak, en Hy het ook in Damaskus sy woonplek. Die Here sien alle mense, nie net al die stamme van Israel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Profesie. Die woord van die Here het die landstreek Hadrag bereik en rus op Damaskus, want die oog van mense en al die stamme van Israel is gerig op die Here; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het met Sagaria gepraat. Die Here praat kwaai met die mense van die land Gadrak en die mense van die stad Damaskus. Die Here sien nie net wat die stamme van Israel doen nie, Hy sien wat al die mense doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here se straf. Die Here sê die volgende oor die land Gadrak en oor die stad Damaskus: Die hele wêreld se oë is op wat die Here doen, nie net die stamme van Israel nie. |