Zechariah 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae hierdie woorde hoor deur die mond van die profete, wat was op die dag toe die fondament van die huis van die HERE van die leërskare gelê is, sodat die tempel gebou kon word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “Wees sterk! Julle het gehoor wat die profete destyds oor die bou van die tempel van die Here, die Almagtige, gesê het, die dag dat die fondamente gelê is. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond van die profete op die dag toe die fondament gelê is van die huis van die HERE van die leërskare, die tempel, om gebou te word. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige: Skep moed! Julle het gehoor wat die profete destyds gesê het toe die fondamente van die tempel van die Here die Almagtige gelê is sodat dit herbou kan word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Hou moed, julle wat in hierdie dae dié woorde uit die mond van die profete gehoor het, julle wat teenwoordig was op die dag toe die fondament vir die herbou van die •tempel gelê is, die huis van die Here, Heerser oor alle magte! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: “Julle moenie nou moedeloos wees nie. Julle het gehoor wat die profete gesê het toe die mense begin het om my tempel te bou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê ook: “Skep moed, spring aan die werk en bou die tempel klaar! Die beloftes wat julle nou hoor, is lank gelede alreeds deur die profete gemaak toe die fondamente van die tempel van die Here gelê is. |