Zechariah 8:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare: As dit wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in hierdie dae, moet dit dan ook wonderlik wees in my oë? spreek die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “Al hierdie dinge lyk dalk vandag vir julle, ’n klein en mismoedige oorblyfsel van God se volk, onmoontlik. Maar dink julle dit is onmoontlik vir My, die Here, die Almagtige?” |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE van die leërskare: As dit te wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in die dae, sal dit ook in my oë te wonderbaar wees? spreek die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige: As dit vir die oorblyfsel van hierdie volk vandag onmoontlik lyk, moet dit dan ook vir My onmoontlik lyk? Die Here die Almagtige het dit gesê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘As dit in daardie dae onmoontlik gelyk het in die oë van hulle wat van hierdie volk oorgebly het, sal dit dan in My oë ook onmoontlik wees?’ ” Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: “Die mense wat in daardie tyd nog lewe, sal miskien dink dit kan nie gebeur nie. Moet Ek dan ook dink dit kan nie gebeur nie? Nee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “’n Groepie van Juda se mense het oorgebly nadat hulle ’n klompie jare terug na Babel toe weggevat is. Miskien is dit nou vir hierdie mense moeilik om te glo dat die dinge gaan gebeur wat Ek gesê het Ek gaan doen. Sê My, dink julle dit is vir My onmoontlik om hierdie dinge te doen net omdat hulle dink Ek kan nie? Ek is tog die Here wat sterker as alles en almal is! |