Zechariah 8:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare: Daar sal nog ou manne en ou vroue woon op die strate van Jerusalem, en elkeen met sy staf in sy hand vir baie ouderdom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “Ou mans en vroue sal weer op die pleine van Jerusalem sit, elkeen met ’n kierie omdat hulle so oud is. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE van die leërskare: Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit -- elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige: Daar sal weer bejaarde mans en vrouens, ryp in jare, op die pleine in Jerusalem sit, elkeen met 'n kierie in die hand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit, elkeen met 'n kierie in die hand van ouderdom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daar sal weer ou mans en ou vroue sit op die oop plekke in Jerusalem, en hulle sal almal hulle kieries in hulle hand vashou omdat hulle baie oud geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verder het die Here ook gesê: Ou mense met baie kennis van die lewe, mans en vroue, sal ook weer in die strate van Jerusalem met hulle kieries loop. |