Zechariah 8:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE; Ek het teruggekeer na Sion en sal in die middel van Jerusalem woon, en Jerusalem sal 'n stad van waarheid genoem word; en die berg van die HERE van die leërskare, die heilige berg.
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die Here: “Ek keer terug na Sion, Ek gaan in Jerusalem woon. Jerusalem sal genoem word Stad van Trou, die berg van die Here, die Almagtige, sal genoem word Heilige Berg.”
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die HERE van die leërskare: Die heilige berg.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Ek gaan na Sion toe terugkom, Ek gaan in Jerusalem woon. Jerusalem sal genoem word Stad van Trou, Berg van die Here die Almagtige, Heilige Berg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ So sê die Here, ‘Ek keer terug na Sion en sal in Jerusalem woon. Jerusalem sal “die getroue stad” genoem word en die berg van die Here, Heerser oor alle magte, sal “heilige berg” genoem word.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou sê Ek: Ek sal terugkom na Jerusalem en Ek sal weer daar woon. Die mense sal sê Jerusalem is die stad waar die mense doen wat die Here wil hê, en hulle sal sê die berg van die Here wat oor alles regeer, is die gewyde berg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal na Jerusalem toe terugkom en weer in die stad kom bly. Mense sal Jerusalem as die Stad van Waarheid ken. Die berg waarop die tempel van die Here staan, sal ’n spesiale plek wees om die Here op te aanbid.