Zechariah 8:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die inwoners van die een stad sal na die ander gaan en sê: Laat ons gou gaan om voor die aangesig van die HERE te bid en die HERE van die leërskare te soek. Ek sal ook gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense van een stad sal aan die mense van ’n ander stad sê: ‘Kom ons gaan na Jerusalem toe en vra daar vir die Here om ons te seën en om die Here, die Almagtige, te soek. Ek gaan om dit te doen!’
Afrikaans 1933/1953 En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die HERE om genade te smeek en die HERE van die leërskare te soek. Ek wil ook gaan!
Afrikaans 1983 Die inwoners van een stad sal na dié van die volgende toe gaan en elkeen sal sê: “Kom ons gaan raadpleeg die Here, ons gaan vra na die wil van die Here die Almagtige. Ek gaan ook!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die inwoners van een stad sal na 'n ander stad gaan en sê, “Kom, laat ons dadelik gaan om die Here se guns te soek en die Here, Heerser oor alle magte, te raadpleeg. Ek gaan ook!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van een stad sal na 'n ander stad gaan en sê: ‘Kom ons gaan bring 'n offer vir die Here, die Here wat oor alles regeer. Kom ons gaan vra wat Hy wil hê ons moet doen. Ek wil ook gaan.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van die verskillende stede sal met mekaar praat en sê: ‘Kom ons gaan dadelik na Jerusalem toe en dan vra ons die Here om vir ons goed te wees. Kom ons gaan vind uit wat Hy wil hê ons moet doen. Ons is self ook op pad soontoe.’