Zechariah 8:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare: Die vas van die vierde maand en die vas van die vyfde en die vas van die sewende en die vas van die tiende, sal vir die huis van Juda vreugde en vrolikheid en vrolike feeste wees; daarom moet jy die waarheid en vrede liefhê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “Die tradisionele tye van vas en rou wat julle vroeg somer, in die middel van die somer, in herfs en winter gehou het, kom nou tot ’n einde. Dit word nou feeste van vrolikheid en vreugde vir die volk van Juda. Julle moet waarheid en vrede liefhê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE van die leërskare: Die vasdag in die vierde en die vasdag in die vyfde en die vasdag in die sewende en die vasdag in die tiende maand moet vir die huis van Juda 'n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye, maar julle moet die waarheid en die vrede liefhê. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige: Elke vasdag, of dit nou val in die vierde of die vyfde, die sewende of die tiende maand, sal vir Juda 'n dag van vrolikheid word, 'n dag van vreugde. Dié dae sal feestelike byeenkomste word, maar dan moet julle bly by die waarheid en sorg dat daar vrede onder julle is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Die vasdae in die vierde en vyfde maand en die vasdae in die sewende en tiende maand sal vir die huis van Juda tye van vreugde en blydskap wees, goeie feestye. Verder moet julle waarheid en vrede liefhê.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê: “Die mense van Juda het gevas in die vierde maand, of in die vyfde maand, of in die sewende maand, of in die tiende maand. Maar nou sal hulle op daardie dae bly wees en feesvier en bymekaarkom. Hulle sal die waarheid praat met mekaar en hulle sal lief wees vir mekaar.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daar was tye dat julle gewoond was om sonder kos te bly en gehuil het oor wat met Jerusalem en sy mense gebeur het. Julle het dit gewoonlik gedoen in die vierde, vyfde, sewende en tiende maand. Dit gaan nou end kry. Hierdie tye gaan nou geleenthede wees om fees te vier. Julle gaan lag en bly wees. Daarom moet julle die waarheid praat en uitleef. Sorg ook dat julle in vrede met mekaar leef.” |