Zechariah 8:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En laat niemand van julle kwaad in julle harte dink teen sy naaste nie; en moenie 'n valse eed liefhê nie, want dit alles is dinge wat Ek haat, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie bose planne maak om mekaar kwaad aan te doen nie. Hou op om vals te sweer. Ek haat al hierdie soort dinge,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Moenie bose planne teen mekaar bedink nie, moenie vals ede bly aflê nie. Ek haat sulke dinge, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moenie bose planne in julle harte teen mekaar bedink nie, moenie lief wees daarvoor om vals te sweer nie, want dit is alles dinge wat Ek haat. ’ ” Dit is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moenie planne maak om dit sleg te laat gaan met ander mense nie. Julle moenie dinge belowe wat julle nie wil doen nie, want dit is iets wat Ek haat,” sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie in die geheim slegte planne maak om mekaar kwaad aan te doen nie. Moet ook nie vals sweer nie. Ek haat dit as julle hierdie dinge doen,” sê die Here. |