Zechariah 8:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die dinge wat julle moet doen; Spreek elkeen die waarheid met sy naaste; voltrek die oordeel van waarheid en vrede in u poorte: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit is wat julle moet doen: Praat die waarheid met mekaar. Maak seker dat die regspraak in julle howe regverdig is en tot vrede lei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en 'n regspraak van vrede in julle poorte! |
| Afrikaans 1983 | Wat julle moet doen, is dit: Praat die waarheid met mekaar, laat die waarheid en die reg geld in julle regspraak sodat daar vrede onder julle kan wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is wat julle moet doen: Praat onder mekaar die waarheid; beoefen in julle stadspoorte slegs regspraak wat waar is en tot vrede lei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet nou ook al hierdie dinge doen: Julle moet die waarheid praat met mekaar. Wanneer julle in die poort moet vertel wat gebeur het, dan moet julle die waarheid praat, en wanneer julle in die poort moet besluit oor die mense wat daar kom, dan moet julle reg besluit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek verwag van julle om die waarheid met mekaar te praat. As daar hofsake is, moet die uitsprake regverdig wees. Julle moet in vrede met mekaar saamleef. |