Zechariah 8:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE van die leërskare: Soos Ek gedink het om julle te straf toe julle vaders My geterg het, spreek die HERE van die leërskare, en Ek het my nie bekeer nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “Ek het nie van plan verander toe julle voorouers My kwaad gemaak en Ek besluit het om hulle te straf nie,” sê die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die HERE van die leërskare: Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle vaders My vertoorn het, sê die HERE van die leërskare, en Ek daar geen berou van gehad het nie --
Afrikaans 1983 So sê die Here die Almagtige: Omdat julle voorvaders my toorn laat ontvlam het, het Ek besluit om julle kwaad aan te doen, en Ek het nie die straf herroep nie, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ja, so sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle voorouers My vertoornd gemaak het’, sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘en Ek nie daaroor jammer was nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here wat oor alles regeer, sê: “Toe julle voorvaders My kwaad gemaak het, het Ek besluit om julle te laat swaarkry. Ek het besluit Ek sal nie jammer wees vir julle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Julle voorouers het My baie kwaad gemaak. Ek het toe belowe dat Ek hulle gaan straf. Ek het woord gehou en Ek het hulle toe gestraf.