Zechariah 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En soos julle 'n vloek onder die nasies was, o huis van Juda en huis van Israel! so sal Ek julle red, en julle sal 'n seën wees; moenie vrees nie, maar laat julle hande sterk wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Juda en Israel het onder die nasies simbole geword van wat dit beteken om vervloek te wees. Maar nie langer nie! Nou sal Ek julle red en julle ’n simbool en ’n bron van seën maak. Moenie bang of mismoedig wees nie. Wees sterk!”
Afrikaans 1933/1953 En soos julle 'n vloek gewees het onder die nasies, o huis van Juda en huis van Israel, so sal Ek julle verlos, dat julle 'n seën kan wees. Wees nie bevrees nie, laat julle hande sterk wees.
Afrikaans 1983 Julle name, Juda en Israel, is onder die nasies gebruik in vervloekings, maar Ek het julle gered, en nou sal julle name gebruik word in seënwense. Moenie bang wees nie, skep moed!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos julle, huis van Juda en huis van Israel, 'n vervloeking was onder die nasies, so sal Ek julle daarvan verlos; en julle sal in 'n seënspreuk gebruik word. Moenie bang wees nie! Hou moed!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van Juda en Israel, almal het geweet dat die Here julle vervloek het. Nou sal Ek, die Here, julle red, en almal sal weet die Here seën julle. Julle moenie bang wees nie, julle moenie moedeloos wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As mense van ander volke mekaar sleg wou sê, het hulle altyd Juda en Israel as voorbeelde gebruik. Hulle het iets gesê soos: ‘Mag die slegte goed wat Juda en Israel oorgekom het, ook met julle gebeur.’ Maar dit gaan nou end kry! Ek sal julle red. Van nou af sal hulle aan julle dink as mense met wie dit baie goed gaan. Moet daarom nie bang wees nie, maar wys dat julle moed het en pak die bouwerk van die tempel aan!”