Zechariah 8:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die saad sal voorspoedig wees; die wingerdstok sal sy vrugte gee, en die aarde sal sy opbrings gee, en die hemel sal hulle dou gee; en Ek sal die oorblyfsel van hierdie volk al hierdie dinge laat besit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek saai die saad van vrede en voorspoed onder julle. Die wingerde sal swaar dra aan druiwe. Die aarde sal sy opbrengs lewer en die hemel sal dou lewer. Ek sal weer ’n keer die oorblyfsel van Juda en Israel die erfgename van hierdie seëninge maak.
Afrikaans 1933/1953 Want die saad van vrede, die wingerdstok, sal sy vrug gee, en die aarde sy opbrings lewer, en die hemel sal sy dou skenk; en die oorblyfsel van hierdie volk sal Ek al hierdie dinge laat beërwe.
Afrikaans 1983 Daar sal nou voorspoed wees: die wingerdstok sal sy druiwe dra, die land sal sy oes lewer, die hemel sal sy vog lewer, en Ek sal dit alles aan die oorblyfsel van hierdie volk gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Want die saad van voorspoed, die wingerd, sal sy vrug lewer, die land sal sy opbrengs lewer, en die hemel sal sy dou gee. Ek sal dit alles as erfenis gee aan die oorblyfsel van hierdie volk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal van nou af goed met hulle gaan. Daar sal vrede wees. Die wingerde sal druiwe dra. Verder sal die mense goeie oeste van die lande af inbring. Die hemel sal sorg vir die dou op die aarde. Ek sal dit alles doen vir hierdie klompie mense van Juda wat oorgebly het.