Zechariah 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar nou sal Ek nie vir die oorblyfsel van hierdie volk wees soos in die vorige dae nie, spreek die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou sal Ek die oorblyfsel van my volk nie behandel soos wat Ek hulle vroeër behandel het nie,” sê die Here, die Almagtige. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar nou sal Ek vir die oorblyfsel van hierdie volk nie wees soos in vroeër dae nie, spreek die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou is my houding teenoor die oorblyfsel van hierdie volk anders as toe, sê die Here die Almagtige. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar nou sal Ek nie meer teenoor die oorblyfsel van hierdie volk wees soos in vroeër dae nie,’ is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [11-12] Maar Ek sal dit nie nou weer doen nie. Dit sal nou goed gaan met die mense wat nog lewe. Daar sal druiwe wees aan die wingerdstokke en koring op die lande. Die dou uit die lug sal die grond natmaak. Ek sal dit alles gee vir die mense wat nog lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar dinge het verander. Ek sal nie meer met die klompie mense wat oor is, maak soos Ek vroeër met hulle gemaak het nie. |