Zechariah 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want voor hierdie dae was daar geen loon vir mense of enige loon vir diere nie; ook was daar geen vrede vir hom wat uit- of ingegaan het vanweë die ellende nie; want Ek het almal opgestel, elkeen teen sy naaste.
Afrikaans (NLV) 2011 Voor die werk aan die tempel begin het, was daar nie werk nie en ook nie lone nie, nie vir mense nie en ook nie vir diere nie. Geen reisiger was veilig teen vyande nie omdat daar van alle kante vyande was. Ek het al die mense teen mekaar laat draai.
Afrikaans 1933/1953 Want voor hierdie dae het die mense geen loon getrek nie, ook vir die diere was daar geen loon nie; en vir die wat uit-- en ingaan, was daar weens die teëstander geen veiligheid nie; want Ek het al die mense die een teen die ander losgelaat.
Afrikaans 1983 Voor daardie tyd was daar nie geld om mense of diere te huur nie, en die toestand was so gevaarlik dat niemand veilig kon beweeg nie. Ek het al die mense mekaar se vyande gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, voor dié dae was daar nie 'n beloning vir die werk van mense en diere nie. Vir wie uitgegaan of teruggekom het, was daar geen veiligheid nie, omdat daar teenstanders was – Ek het al die mense teen mekaar losgelaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Voorheen was daar nie geld om mense of diere te huur om die werk te doen nie, en niemand was veilig in die stad nie, want Ek het vyande gestuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hulle met die werk aan die tempel begin het, was daar nie geld om die mense te betaal nie. Daar was ook nie geld om diere vir die werk te huur nie. Dit was toe so onveilig in die land dat niemand dit kon waag om van die een plek na ’n ander een te gaan nie. Ek het gemaak dat mense mekaar se vyande was.