Zechariah 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So spreek die HERE van die leërskare en sê: Doen 'n ware oordeel en bewys barmhartigheid en medelye, elkeen aan sy broer.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Oordeel regverdig en eerlik in regsake, wees liefdevol en simpatiek met mekaar.
Afrikaans 1933/1953 So het die HERE van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander.
Afrikaans 1983 So het die Here die Almagtige gesê: Laat reg geskied aan almal, bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Laat die waarheid seëvier in julle regspraak; betoon troue liefde en barmhartigheid aan mekaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek, die Here wat oor alles regeer, het daardie tyd gesê: Julle moet reg doen aan mekaar, julle moet lief wees vir mekaar en julle moet goed wees vir mekaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is sterker as alles en almal! Hy sê: “In hofsake moet julle eerlik en regverdig met mense wees. Wees lief vir mekaar en werk mooi met mekaar.