Zechariah 7:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En om met die priesters wat in die huis van die HERE van die leërskare was, en met die profete te spreek en te sê: Moet ek in die vyfde maand ween en my afsonder, soos ek al so baie jare gedoen het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moes die volgende vraag aan die profete en die priesters by die tempel van die Here, die Almagtige, vra: “Moet ons voortgaan om in die vyfde maand te huil en te vas soos ons nou al vir baie jare doen?” |
| Afrikaans 1933/1953 | deur aan die priesters wat by die huis van die HERE van die leërskare was, en aan die profete die vraag te stel: Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het? |
| Afrikaans 1983 | Hulle moes vir die priesters by die huis van die Here die Almagtige en vir die profete vra: “Moet ons nog in die vyfde maand huil en vas soos ons nou al jare lank doen?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moes vir die priesters van die huis van die Here, Heerser oor alle magte, en vir die profete vra: “Moet ek nog in die vyfde maand huil terwyl ek my van baie dinge onthou, soos ek so baie jare lank gedoen het?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | in die tempel van die Here wat oor alles regeer. Hulle moes dan vir die priesters en die profete vra: “Moet ons nog in die vyfde maand huil en vas, soos ons altyd gedoen het?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moes ook vir die priesters by die tempel en vir die profete gaan vra wat hulle moes doen. Hulle het gesê: “Elke jaar in die vyfde maand vas ons. Dan bly ons sonder kos en huil ons omdat Jerusalem en die tempel verwoes is. Moet ons dit steeds aanhou doen soos ons nou al vir baie jare gewoond is?” |