Zechariah 7:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek het hulle met 'n stormwind verstrooi onder al die nasies wat hulle nie geken het nie. So was die land dan 'n wildernis ná hulle, dat niemand deurgetrek of teruggekeer het nie, want hulle het die lieflike land 'n wildernis gelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal hulle met ’n stormwind verstrooi onder ver nasies waar hulle as vreemdelinge sal leef. Hulle land het so verlate geword dat niemand eers daardeur reis nie. Die land wat so mooi was, het ’n woestyn geword.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek sal hulle wegstorm onder al die nasies wat hulle nie geken het nie, terwyl die land agter hulle verwoes is, sodat niemand meer heen en weer trek nie. So het hulle dan die kostelike land tot 'n wildernis gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal hulle met 'n stormwind verstrooi onder al die nasies vir wie hulle tot nou toe onbekend was, en agter hulle sal die land so verwoes wees dat niemand meer daar deurtrek nie. Hulle het van 'n pragtige land 'n verwoeste wêreld gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Ek gaan hulle wegwaai tot tussen al die nasies wat hulle nie geken het nie. Agter hulle sal die land verlate wees; niemand sal daardeur trek of daarheen terugkeer nie. Hulle het van 'n pragtige land 'n verlate plek gemaak.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal 'n stormwind stuur, en die wind sal hulle jaag na ander volke toe, volke wat hulle nie geken het nie. Die vyande sal die land verwoes en niemand sal deur die land gaan nie. Dit was 'n baie mooi land, maar my volk het dit verwoes.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos ’n warrelwind goed rondwaai, het Ek hulle laat rondwaai en uitmekaar laat spat na al die nasies toe. Daar het hulle soos vreemdelinge gebly. Hulle eie land was so verwoes en sonder enige mense dat niemand eens meer daarnatoe wou kom nie. ’n Land wat eers so mooi was, het nou ’n plek geword waar niemand kan of wil bly nie.” |