Zechariah 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het dit gebeur dat soos Hy geroep het, en hulle nie gehoor het nie; daarom het hulle geroep, en Ek wou nie hoor nie, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011 “Omdat hulle nie geluister het toe Ek hulle geroep het nie, sal Ek nie luister wanneer hulle na My roep nie, sê die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, soos Hy geroep en hulle nie gehoor het nie -- so sal hulle roep, maar Ek nie hoor nie, het die HERE van die leërskare gesê.
Afrikaans 1983 Hy het geroep, maar hulle het nie geluister nie, en toe het die Here die Almagtige gesê: Ek sal ook nie luister as hulle roep nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Soos hulle nie geluister het toe daar geroep is nie, so roep hierdie mense en luister Ek nie,’ sê die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het hulle geroep, maar hulle het nie geluister nie. Nou sal Ek nie luister wanneer hulle roep nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het hulle deur sy Gees laat verstaan wat hulle vir sy volk moes sê. Maar niks wat die Here gesê het, het enige indruk op hulle gemaak nie. Dit het soos water van ’n eend se rug af gerol. Dit is hoekom die Here so kwaad vir hulle is. Die Here sê: “Omdat hulle nie na My wou luister toe Ek met hulle gepraat het nie, daarom het Ek ook nie na hulle geluister toe hulle na My geroep het nie.