Zechariah 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, hulle het hul harte gemaak soos 'n klip, sodat hulle nie die wet sou hoor en die woorde wat die HERE van die leërskare in sy gees gestuur het deur die vorige profete nie; daarom het 'n groot toorn van die HERE van die leërskare gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het hulle harte so hard soos klip gemaak sodat hulle nie die voorskrifte of die boodskappe wat die Here, die Almagtige, deur sy Gees aan hulle deur die profete van vroeër gestuur het, gehoor het nie. Daarom was die Here, die Almagtige, so kwaad vir hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hulle hul hart soos 'n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat die HERE van die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van die HERE van die leërskare 'n groot toorn gekom. |
| Afrikaans 1983 | hulle het hulle soos die hardste klip gehou en wou nie luister na die wet en na die boodskap wat die Here die Almagtige deur sy Gees, deur die vroeëre profete, gestuur het nie. Daarom was die toorn van die Here die Almagtige so groot. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het hulle harte verhard, so hard soos 'n diamant, sodat hulle nie die wet en die woorde gehoor het wat die Here, Heerser oor alle magte, deur sy Gees en deur die vroeëre profete gestuur het nie. Daarom was daar van die kant van die Here, Heerser oor alle magte, 'n baie groot oordeel uit toorn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle harte was so hard soos klippe. Hulle wou nie luister na die wette van die Here nie. Hulle was ongehoorsaam aan die boodskap wat my Gees vir hulle gebring het. Dit is die boodskap wat die profete van daardie tyd vir hulle gebring het. Daarom het Ek, die Here wat oor alles regeer, kwaad geword. “Ek het gesê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle hart was so hard soos klip. Die Here het lank gelede al profete gebruik om sy boodskappers te wees. |